Neptunus

Hierdie artikel handel oor die planeet Neptunus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Neptunus (dubbelsinnig).
Neptunus   ♆

Neptunus, soos waargeneem deur die Voyager-wenteltuig op 16 en 17 Augustus 1989.
Ontdekking[1]
Ontdek deur Johann Galle
Urbain Le Verrier
Datum 23 September 1846
Wentelbaaneienskappe[2]
Epog J2000.0
Afelium 4 553 946 490 km
30,441 252 06 AE
Perihelium 4 452 940 833 km
29,766 070 95 AE
Halwe lengteas 4 503 443 661 km
30,10366151 AE
Wentelperiode 164 jare
Sinodiese periode 367,49 dae[3]
Gem. omwentelingspoed 5,43 km/s[3]
Gem. anomalie 267,767281°
Baanhelling 1,767975° (tot Ekliptika)
6,43° (tot die son se ewenaar)
0,72° (tot onveranderbare vlakte)[4]
Lengteligging van stygende nodus 131,794310°
Periheliumhoek 265,646853°
Natuurlike satelliete 14
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 24 764 ± 15 km
(3,883 Aardes)
Radius na pole 24 341 ± 30 km
(3,829 Aardes)
Oppervlakte 7,6183×109 km2[3]
(14,98 Aardes)
Volume 6,254×1013 km3[3]
(57,74 Aardes)
Massa 1,0243×1026 kg[3]
(17,147 Aardes)
Gem. digtheid 1,638 g/cm3[3]
(minder as water)
Oppervlak-
aantrekkingskrag
11,15 m/s2[3]
1,14 g
(by die ewenaar)
Ontsnapping-
snelheid
23,5 km/s[3]
Sideriese
rotasieperiode
0,6713 dae[3]
(16 h 6 min 36 s)
Rotasiespoed
by ewenaar
2,68 km/s = 9 660 km/h
(by die ewenaar)
Ashelling 28,32°[3]
Regte styging van noordpool 19h 57 m 20s
299,3°
Deklinasie 42,950°
0,290 (bond)
0,41 (geometries)[3]
Oppervlak-temp.
   Oppervlakte
   Wolke
mingem.maks
72 K[3]
55 K[3]
Absolute magnitude 8,02 tot 7,78[3][5]
Hoekgrootte 2,2″–2,4″ Boogminute[3][5]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 10 kPa
Skaalhoogte 19,7 ± 0,6 km
Samestelling 80±3,2% Waterstof

19±3,2% Helium
1,5±0,5% Metaan
~0,019% Waterdamp

~0,00015% Etaan

Neptunus is die agtste en sover bekend verste planeet van die Son af. In die Sonnestelsel is dit die vierde grootste planeet volgens deursnee, die planeet met die derde grootste massa en die digste reuseplaneet. Sy massa is 17 keer dié van die Aarde en effens groter as dié van Uranus. Neptunus is digter en fisies kleiner as Uranus omdat sy atmosfeer vanweë sy groter massa kleiner gedruk is deur sy swaartekrag. Die planeet wentel een keer elke 164,8 jaar om die Son op ’n gemiddelde afstand van 30,1 AE, of 4,5 miljard km. Dit is genoem na die Romeinse god van die see en sy sterrekundige simbool is ♆, ’n gestileerde weergawe van die god Neptunus se drietandvurk.

Neptunus is nie met die blote oog sigbaar nie en is die enigste planeet in die Sonnestelsel wat deur middel van wiskundige voorspelling ontdek is eerder as deur empiriese waarneming. Onverwagte veranderings in Uranus se wentelbaan het daartoe gelei dat Alexis Bouvard afgelei het sy wentelbaan is onderworpe aan swaartekragversteurings deur ’n onbekende planeet. Ná Bouvard se dood is Neptunus se posisie uit sy waarnemings voorspel – onafhanklik deur John Couch Adams en Urbain Le Verrier. Neptunus is daarna, op 23 September 1846,[1] met ’n teleskoop waargeneem deur Johann Galle binne ’n graad van die posisie wat deur Le Verrier voorspel is. Sy grootste maan, Triton, is kort daarna ontdek, hoewel die planeet se 13 ander mane eers in die 20ste eeu teleskopies ontdek is. Vanweë die planeet se afstand van die Aarde af het dit ’n baie klein skynbare grootte, en dit is dus moeilik om hom met grondgebaseerde teleskope te ondersoek.

Neptunus is deur Voyager 2 besoek toe dit op 25 Augustus 1989 verby die planeet gevlieg het; dit is die enigste ruimtetuig wat Neptunus nog besoek het.[6][7] Die uitvinding van die Hubble-ruimteteleskoop en groot grondgebaseerde teleskope met aanpassingsoptiek maak dit deesdae moontlik om die planeet van ver af waar te neem.

Nes met Jupiter en Saturnus die geval is, bestaan Neptunus se atmosfeer hoofsaaklik uit waterstof en helium, asook spore van koolwaterstowwe en moontlik stikstof, hoewel dit ’n groter proporsie "yse" soos water, ammoniak en metaan bevat. Sy binnekant bestaan, nes dié van Uranus, hoofsaaklik uit yse en rots;[8] Uranus en Neptunus word vanweë dié eienskappe gewoonlik as ysreuse beskou om hulle van Jupiter en Saturnus te onderskei.[9] Spore van metaan in die buitenste streke is verantwoordelik vir die planeet se blou voorkoms.[10]

In kontras met Uranus se mistige atmosfeer sonder sigbare eienskappe, het Neptunus se atmosfeer aktiewe, sigbare weerpatrone. Tydens Voyager 2 se verbyvlug in 1989 het die planeet se suidelike halfrond byvoorbeeld ’n Groot Donker Vlek gehad, soortgelyk aan Jupiter se Groot Rooi Vlek. Hierdie weerpatrone word veroorsaak deur die sterktste winde op enige planeet in die Sonnestelsel – windsnelhede van tot 2 100 km/h is al gemeet.[11] Weens sy groot afstand van die Son af, is Neptunus se buitenste atmosfeer een van die koudste plekke in die Sonnestelsel, met temperature by die boonste punte van sy wolke wat tot 55 K (-218 °C) kan daal. Die temperatuur in die planeet se middel is sowat 5 400 K (5 100 °C).[12][13]

Neptunus het ’n dowwe, gefragmenteerde ringstelsel (wat "boë" genoem word). Dit is in 1984 ontdek en later deur Voyager 2 bevestig.[14]

  1. 1,0 1,1 Hamilton, Calvin J. (4 Augustus 2001). "Neptune". Views of the Solar System. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2007. Besoek op 13 Augustus 2007.
  2. Yeomans, Donald K. (13 Julie 2006). "HORIZONS System" (in Engels). NASA JPL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 8 Augustus 2007.
  3. 3,00 3,01 3,02 3,03 3,04 3,05 3,06 3,07 3,08 3,09 3,10 3,11 3,12 3,13 3,14 Williams, David R. (1 September 2004). "Neptune Fact Sheet" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 14 Augustus 2007.
  4. (en) "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 3 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2009. Besoek op 10 April 2009. (geproduseer met Solex 10 Geargiveer 20 Desember 2008 op Wayback Machine geskryf van Aldo Vitagliano)
  5. 5,0 5,1 (en) Espenak, Fred (20 Julie 2005). "Twelve Year Planetary Ephemeris: 1995–2006". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2012. Besoek op 1 Maart 2008.
  6. Chang, Kenneth (18 Oktober 2014). "Dark Spots in Our Knowledge of Neptune". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2014. Besoek op 21 Oktober 2014.
  7. "Exploration | Neptune". NASA Solar System Exploration. Besoek op 3 Februarie 2020. In 1989, NASA's Voyager 2 became the first-and only-spacecraft to study Neptune up close.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Podolak Weizman et al. 1995
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lunine 1993
  10. Munsell, Kirk; Smith, Harman; Harvey, Samantha (13 November 2007). "Neptune overview". Solar System Exploration. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2008. Besoek op 20 Februarie 2008.
  11. Suomi, V.E.; Limaye, S.S.; Johnson, D.R. (1991). "High Winds of Neptune: A possible mechanism". Science. 251 (4996): 929–32. Bibcode:1991Sci...251..929S. doi:10.1126/science.251.4996.929. PMID 17847386.
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hubbard
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nettelmann
  14. Wilford, John N. (10 Junie 1982). "Data Shows 2 Rings Circling Neptune". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2008. Besoek op 29 Februarie 2008.

Developed by StudentB